'n Prettige en interaktiewe beginner klavier kursus wat ontwerp is deur 'n geregistreerde musiek terapeut vir 6-8-jariges wat elemente van kognitiewe en emosionele ontwikkeling insluit.
Hierdie kursus bestaan uit 10 “kort maar produktiewe” sessies waarin jou 6-8 jarige ’n beginner klavier speler kan word. Die kursus is ontwerp deur ’n geregistreerde musiek terapeut en bevat ook elemente van kognitiewe en emosionele ontwikkeling met aktiwiteite wat onder andere selfbeeld opbou en emosionele bewustheid vorm. Werkkaarte is ingesluit.
Ouers, doen dit saam met jou kind vir verhouding-bou en aanmoediging!
Om die kursus te kan doen het jy 'n klavier of keyboard nodig. Selfs 'n intree model keyboard is reg.