'n Verskeidenheid luister, praat, lees en kyk aktiwiteite wat leerders se kennis oor die weer en weersimbole sal opskerp. Die skryf en aanbied aktiwiteite fokus daarop om leerders se woordeskat oor die weer uit te brei en vas te lê. Die taalaktiwiteite fokus op woordvorming, voegwoorde en voorsetsels.
- 01 Luister, lees en kyk - Identifiseer weer woorde (Deel 1 & 2)
- 02 Luister, lees en kyk - Ontwerp weersimbole
- 03 Skryf en aanbied - Ontwerp 'n weerkaart (Deel 1 & 2)
- 04 Luister, kyk, skryf en praat - Jy is 'n weerverslaggewer
- 05 Luister, kyk en skryf - Feite oor orkane
- 06 Lees en kyk - "Kaapstad-fietswedren gekanselleer" (met Memo)
- 07 Taalwerk - Woordvorming (met Memo)
- 08 Taalwerk - Voegwoorde (met Memo)
- 09 Taalwerk - Voorsetsels (met Memo)
Gereelde Vrae
Wat is 'n memo?
Dit is 'n antwoordblad of nasiengids.
Hoekom het al die werkkaarte nie memo's nie?
- Sommige werkblaaie benodig nie 'n memo nie.
- Soms is 'n nasienrubriek by die werkblad ingesluit.
- Sommige memo's word nog ontwikkel. Hulle sal waarskynlik nie vanjaar voltooi word nie, maar indien wel, sal hulle sonder ekstra koste hier ingesluit word.
Ek het die lêers gekoop en afgelaai. Hoekom is daar minder memo's as wat geadverteer is?
Met die eerste oogopslag kan dit so lyk, maar soms word memo's aan die einde van die werkbladaktiwiteite ingesluit.