Lewensvaardighede: Elektrisiteit (sonder video)
R90.00
Out of stock
Toegang verval 14 Desember 2024
Geskik vir: 6 – 9 jaar / KABV Gr 1 – 3
- 1 Werkboekie (36 bladsye)
- 1 PowerPoint (13 bewerkbare skyfies)
Ander items sluit dieselfde inhoud in – Sien hieronder
Een aktiwiteitsboek van 36 bladsye wat 23 prettige aktiwiteite insluit. Die aktiwiteite fokus op veilige maniere om elektrisiteit te gebruik, gevare van elektrisiteit, hoe elektrisiteit opgewek word, dinge wat elektrisiteit gebruik en alternatiewe om elektrisiteit te bespaar.
Verbind die kolletjies, vind die verskille, voltooi die doolhof en sudoku maak deel uit van hierdie aktiwiteite. Verder bevat die aktiwiteitsboek kort verduidelikings van steenkool-, hidro- en windaangedrewe elektrisiteit.
Die bewerkbare PowerPoint-skyfievertoning bevat sewe flitskaartskyfies om leerders se kennis oor elektrisiteit te toets (insluitend wat elektrisiteit gebruik en veilige maniere om elektrisiteit te gebruik) en ses skyfies wat die drie maniere hoe elektrisiteit opgewek word kortliks verduidelik (steenkool-, hidro- en windaangedrewe elektrisiteit).
- Elektrisiteit Aktiwiteitsboek
- Elektrisiteit PowerPoint (vir Microsoft Office-weergawes na 2003)
- Elektrisiteit PowerPoint (vir Microsoft Office-weergawes voor 2003)
Gereelde Vrae
Wat is 'n memo?
Dit is 'n antwoordblad of nasiengids.
Hoekom het al die werkkaarte nie memo's nie?
- Sommige werkblaaie benodig nie 'n memo nie.
- Soms is 'n nasienrubriek by die werkblad ingesluit.
- Sommige memo's word nog ontwikkel. Hulle sal waarskynlik nie vanjaar voltooi word nie, maar indien wel, sal hulle sonder ekstra koste hier ingesluit word.